Doen so aansoek vir vrywaring van munisipale belasting, tariewe in Whk

Stad Windhoek herinner eienaars van eiendom in die hoofstad dat die sperdatum vir aansoek vir vrywaring van munisipale belasting en tariewe op 31 Mei gestel is. Ingevolge artikel 75 van die Plaaslike Owerheidswet van 1992, mag munisipaliteite vrywaring gee onder sekere omstandighede vir besighede, of voornemende besighede. Stad Windhoek sê alle aansoeke in die verband moet vergesel word deur gesertifiseerde afskrifte van bewys van eienaarskap.