Dodetal van Haïti-aardbewing styg skerp

Die dodetal na Saterdag se verwoestende aardbewing met ‘n meting van 7,2 in Haïti het gestyg tot 1 297 met meer as 5 700 mense wat beseer is. Meer as 13 600 huise is verwoes en duisende beskadig. Eerste Minister Ariel Henry het ‘n noodtoestand vir sekere gebiede afgekondig. Intussen verwag die land vandag en môre sterk wind en swaar reën weens die tropiese storm Grace. Dit kan lei tot oorstromings en modderstortings.