Dodetal styg steeds in Bangladesj ontploffing

Die dodetal na ‘n ontploffing by ‘n depot naby die stad Chittagong in Bangladesj waar vraghouers gestoor word, sal na verwagting styg. Minstens 49 mense is dood en meer as 200 beseer toe skeepsvraghouers, waarvan sommige chemikalieë bevat het, op die terrein in Sitakunda ontplof het. Die weermag het sandsakke gebruik om die vloei van chemikalieë in die Indiese Oseaan te keer. In Julie verlede jaar is 54 mense dood toe ‘n brand ‘n voedselverwerkingsfabriek buite die hoofstad Dhaka verwoes het.