Dodetal in Suid-Korea oorstromings staan op 39

Die dodetal ná kitsvloede en modderstortings wat na swaar reën in Suid-Korea voorgekom het, het tot minstens 39 gestyg terwyl nege mense nog vermis word. Reddingswerkers het die naweek die liggame van 13 mense in ‘n oorstroomde tonnel in Osong gevind. Die reën het daartoe gelei dat meer as 10 000 mense hulle huise moes ontruim. President Yoon Suk Yeol het owerhede opdrag gegee om die oorstromings te hanteer en ondersteuning belowe, onder andere om rampgebiede te identifiseer in streke wat die ergste getref is.