Dodetal in Johannesburg-brand sal styg
Johannesburg se nooddienste sê die dodetal na vanoggend se brand in ‘n vyf-verdieping-gebou in Marshalltown in die middestad sal na verwagting styg nadat begin is om in die puin na slagoffers te soek. Minstens 56 mense, wat ‘n kleuter insluit, se dood is bevestig en meer as 40 is vir rookinaseming en verskeie beserings behandel. ‘n Woordvoerder van Johannesburg se nooddienste, Robert Mulaudzi, sê die gebou is een van die gekaapte geboue in die stad: