Dodetal in Indië-vloede styg steeds
Reddingswerkers in Indië het oornag nog liggame gevind toe hulle deur modderige puin en yskoue water gegrawe het in ‘n soektog na oorlewendes nadat ‘n gletsermeer deur ‘n dam in die Himalajas gebars het, huise en brûe weggespoel het en duisende gedwing het om te vlug. Amptenare sê dat die honderde redders vroeg Saterdag nog ses lyke ontdek het, wat die dodetal op 47 te staan bring. Minstens 150 mense word steeds vermis. Die polisie sê byna 4 000 toeriste is gestrand op twee plekke in die Sikkim-streek, waar vloede die paaie weggespoel het. Weens slegte weer kon owerhede ook nie helikopters ontplooi om diegene wat in kwesbare gebiede vassit, by te staan nie.