Dlamini-Zuma maan ramptoestand kan weer ingestel word

Die Suid-Afrikaanse minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, sê die Wet op Rampbestuur kan steeds gebruik word indien die land se Covid-gevalle styg. Sy het die media ingelig nadat President Cyril Ramaphosa die einde van die ramptoestand aangekondig het. Dlamini-Zuma sê dit is steeds elkeen se plig om te verseker die land keer nie na sy vorige toestand terug nie.