Djokovic terug op die baan vir Monte Carlo Meesters

Tennis: Novak Djokovic keer weer die week na die baan terug vir die Monte Carlo-meesterstoernooi. Hy kom teen Carlos Alcaraz te staan, die tiener wat as sy waarskynlikste langtermyn-opvolger as die wêreld se nommer een beskou word. Djokovic, wat môre sy 365ste week as die nommer een op die wêreldranglys begin, het slegs in een toernooi in vier maande gespeel weens sy traagheid om hom te laat inent. Sy verbanning uit Melbourne het verhoed dat hy vir ‘n tiende keer om die Australiese Ope titel kon meeding.