Djokovic se Aussie-visum gekanselleer

Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, kan uit Australië gedeporteer word nadat hy aanvanklik mediese vrystelling teen inenting gekry het sodat hy aan die Australiese Ope kan deelneem. Dit volg op groot verontwaardiging dat hy spesiale behandeling gekry het. Die land se Grensmag het die Serwiër toegang geweier nadat sy visum gekanselleer is en sê hy kon nie voldoende bewyse lewer om aan toegangs-vereistes te voldoen nie. Djokovic is sewe ure lank op die lughawe in Melbourne vertraag voor hy toegang tot die land ontneem is. Hy kan moontlik teen die besluit appelleer.