Djokovic op koers vir rekord

Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, se strewe om ‘n rekord 21ste Grand Slam-titel in te palm en al vier major-toernooie vanjaar te wen, is steeds op koers. Hy het Matteo Berrettini van Italië geklop om tot sy 12de halfeindstryd by die Amerikaanse Ope in New York deur te dring. Die Serwiër kom môre teen Alexander Zverev van Duitsland te staan vir ‘n plek in vanjaar se eindstryd. Zverev het verlede jaar in die eindstryd gespeel en Djokovic sê hy weet hy sal op sy beste teen hom moet wees: