Djokovic is ‘baas’ van farmaseutiese firma

Novak Djokovic het aandele in ‘n Deense farmaseutiese firma, QuantBioRes in 2020 bekom en is die meerderheidsaandeelouer. Die firma stel ondersoek na ‘n Covid-medikasie wat nie inenting insluit nie. Djokovic besit volgens Ivan Loncarevic, die maatskappy se uitvoerende hoof, 80 persent van die aandele maar, hy het aan nuusagentskappe gesê Djokovic is nie teen die Covid-inenting nie. Daar word berig dat Djokovic meer as 150 miljoen Amerikaanse dollar sedert November verlede jaar gewen het.