Djokovic: fout op aansoek gemaak, maar is stil oor 16 Des. se Covid-uitslag

Die kwessie van Novak Djokovic se deelname aan die Australiese Ope is steeds in die nuus. Sy visumaansoek om toegang tot Australië te kry dui aan dat hy nêrens gereis het nie maar, hy was in Spanje en Belgrado volgens foto’s op sosiale media sowel as ooggetuies. Intussen het hy ‘n verklaring uitgereik en gesê ‘n spanlid het ‘n fout gemaak op sy aansoek en dat hy dit nie self ingevul het nie. Maar, hy het geen melding gemaak van sy positiewe Covid-toets op 16 Desember en die gepaardgaande byeenkomste wat hy in Serwië op dieselfde dag, en daarna, bygewoon het nie. Die Australiese regering oorweeg nog of sy visum goedgekeur sal word of nie.