Djokovic beboet vir sy humeur tydens Wimbledon-finaal

Die 23-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, is met 144 227 Namibiese dollar beboet nadat hy Sondag tydens die mans se enkelspel-eindstryd op Wimbledon sy raket stukkend geslaan het. Die voorval het in die vyfde stel plaasgevind toe die Serwiër nie teen die Spanjaard, Carlos Alcaraz, kon deurbreek nie en toe die bepalende vyfde stel op die hoofbaan verloor het. Alcaraz, die wêreld se nommer een, het die geleentheid aangegryp en na meer as vier ure sy oorwinning met 1-6, 7-6, 6-1, 3-6 en 6-4 beklink. Die geld sal afgetrek word van Djokovic se naaswenner-fooi van 27,82 miljoen Namibiese dollar.