Djokovic appelleer Maandag

Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, se prokureur Nick Wood het namens sy kliënt in die hof in Australië verskyn en daar is ooreengekom dat hy in die land tot ten minste Maandag mag bly vir sy appèl teen die kansellasie van sy visum. Hy is sewe ure by die lughawe aangehou en Australië se grensmag sê hy kon nie voldoende bewyse lewer om aan toegangs-vereistes te voldoen nie. Djokovic het mediese vrystelling gekry omdat hy nie ingeënt is nie. Sy saak sal Maandag aangehoor word. Djokovic sal hard baklei omdat hy poog om ‘n rekord 21 Grand Slam-oorwinnings te behaal by die Australiese Ope.