Dit is die mensdom wat klimaat verander

Die VN se interregeringspaneel se verslag oor klimaatsverandering bly in die nuus. Die verslag gebruik sy sterkste terme tot nog toe om te beweer dat die mensdom klimaatsverandering veroorsaak, met die eerste reël in die opsomming van sy verslag: “Dit is onomwonde dat menslike invloed die atmosfeer, see en land warm gemaak het.” Die sterk taal dui op ‘n verskuiwing van vorige paneel-verslae, waarin gesê is dat dit uiters waarskynlik is dat industriële aktiwiteite die skuld kry. Dr. Peter Cunningham, ‘n Namibiese ekoloog, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.