Dit gaan oor die welvaart van die leerders – Nanso

Die Namibiese onderwyssektor staar aan die begin van elke akademiese jaar talle uitdagings in die gesig. Tans sukkel leerders van sekere grade om toelating by skole en koshuise te kry. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Namibiese Studente-organisasie gevra wat hul rol in basiese onderwys is. Esther Shakela, Nanso se waarnemende sekretaris vir inligting sê behalwe dat hulle as tussengangers tussen belanghebbendes optree, is daar ook talle projekte wat die welstand van leerders eerste plaas.