Dit gaan broeskeur met almal gaan

Namibiese motoriste sal vanaand hulle motors volmaak met die reuse brandstofprysstyging wat Maandag aangekondig is. Plaaslik styg water en elektrisiteit eers in die middel van die jaar maar, in Suid-Afrika, betaal verbruikers reeds meer vir krag met ‘n verhoging van net meer as 9 persent wat aangekondig is. Daar, sal die brandstofprys ook om middernag styg en vir die eerste keer, sal ‘n liter petrol meer as 21 Suid-Afrikaanse rand kos. Die prys, sowel as die van Eskom, het ‘n wesenlike impak op veral armer huishoudings. Chantal Marx, FNB in Suid-Afrika se hoof van beleggingsnavorsing verduidelik.