Dis vanmiddag die Bulle teen die Haaie op Loftus

Rugby: Die Bulle het min veranderinge aangebring aan die span wat vanmiddag teen die Haaie op Loftus Versfeld in die Curriebeker-eindstryd speel.Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, het bestendigheid gekies vir die seisoen se hoogtepunt en net twee veranderinge gemaak aan die span wat die Westelike Provinsie verlede week in die halfeindstryd geklop het. Die Haaie se afrigter, Sean Everitt, behou grootliks die groep wat verlede week die halfeindstryd gewen het.Die president van die Bulle, Willem Strauss het sy mening oor vanmiddag se kragmeting so aan Kosmos 94.1 Nuus opgesom.