Dis seker wat ‘n trapkap beteken…

Die Skotse whisky vervaardiger Glenfiddich het ver gevorder in sy pogings om ‘n geslote kring volhoubaarheidsinisiatief te bereik. Op die oomblik het hy vulstasies by sy distilleerdery in die noordooste van Skotland opgerig. Die brandstof vir sy vragmotors wat sy produk vervoer word deur die afvalproduk van sy whisky aanleg vervaardig. Berigte lui dat die brandstof as ‘n ultra-lae koolstof brandstof bestempel word wat baie beter vir die omgewing is. Dit is alom bekend as ‘n tipe biogas. Glenfiddich verkoop meer as 14 miljoen bottels whisky ‘n jaar wat hom op die oomblik in staat stel om genoeg brandstof te vervaardig om die sentrale en westelike dele van Skotland te diens.