Dis Sakkari teen Swiatek in die eindstryd
Oor na Tennis: Maria Sakkari het drie stelle en vier wedstrydpunte nodig gehad om die Amerikaanse Ope-kampioen, Coco Gauff, te klop vir ‘n eindstryd-kragmeting met die wêreld nommer-een Iga Swiatek by Indian Wells. Die negende gekeurde Sakkari van Griekeland het drie wedstrydpunte in die tweede stel prysgegee in ‘n wedstryd wat twee keer deur reën onderbreek is. Sy het in die derde stel weggebreek en met 6-4, 6-7, 6-2 gewen. Sy gaan die tweede keer in drie jaar Swiatek om die titel pak, na sy in 2022 teen die Poolse ster verloor het.