Dis onwettig om honde se ore te knip in Namibië

Soos in Suid-Afrika, is dit ook onwettig in Namibië om honde se ore te knip en sterte af te sny. Drie verdagtes sal hierdie week in die hof aangekla word van dieremishandeling nadat die Kaap die Goeie Hoop DBV ‘n klopjag in Lotusrivier uitgevoer het en mense betrek het wat honde se ore knip. Die onwettige bedrywighede is in ‘n agterplaas ontdek waar honde vas was aan kort statiese kettings in onhigiëniese toestande. Geskeduleerde dwelms, sowel as ‘n gereedskapskis met toerusting wat gewoonlik gebruik word om te knip, is ook gevind. Die operasionele direkteur van Windhoek se DBV, Sylvia Breitenstein sê het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.