Dis nonsens dat Cyril oor CR17 moet getuig

Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet sê die oproep dat President Cyril Ramaphosa by die ondersoek na die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se ampsklagsaak getuig, is net ‘n rookskerm. Bantu Holomisa van die UDM het gevra Ramaphosa moet getuig oor die befondsing van sy partypolitieke veldtog in 2017. Die raad se woordvoerder, Lawson Naidoo, sê die Konstitusionele Hof het daaroor uitspraak gelewer en die Parlement behoort dit nie te bevraagteken nie: