Dis nie net maatskaplike werkers wat kort nie – Nangombe

Daar is reeds ‘n geruime tyd klagtes oor ‘n daadwerklike tekort aan maatskaplike werkers in Namibië met sommige berigte wat lui dat daar een maatskaplike werker per 13 000 jongmense in die land is. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie Ben Nangombe sê die uitdaging bestaan regoor die wêreld in alle gesondheidsdienste, nie net maatskaplike werkers nie. Hy doen ‘n beroep op skoolverlaters om studierigtings te volg wat die tekorte kan aanspreek.