Dis Maties teen Kovsies vandag

Die eindstryd van die 2021 Varsity-netbaltoernooi word vandag in Stellenbosch beslis tussen die spanne van Stellenbosch Universiteit en die Universiteit van die Vrystaat. Die Kovsies het Noordwes Universiteit in ‘n taai halfeindstryd met 66-65 geklop, terwyl die Maties die verdedigende kampioene, die Universiteit van Pretoria, in die ander halfeindstryd met 62-53 getroef het. Die Maties se afrigter, Zanele Mdodana, sê sy is ongelooflik trots op haar span en hulle is vol vertroue vir vandag se eindstryd: