Dis koud hier en elders

Koue toestande word oor groot dele van die land en die streek ervaar. Gure weer in KwaZulu-Natal het wydverspreide krangonderbrekings tot gevolg. Die provinsie is deur sneeu, donderstorms en sterk winde getref. Eksom sê dit het tot ‘n skerp styging in kragverbruik gelei. Die kragverskaffer is besig met herstelwerk, maar vertragings in onafwendbaar weens die hoë volumes. Verkeersowerhede doen intussen ‘n beroep op motoriste om nie-noodsaaklike ritte uit te stel. Sneeu en ys maak paaie glad en daar was reeds ‘n paar botsings. Die R612 wat Bulwer met Donnybrook, Ixopo, Highflats en die Umzinto-gebiede verbind, is weens sneeu gesluit.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *