Dis hoekom Suid-Afrikaners verhuis

Die internasionale verskepings- en hervestigingskenners Seven Seas Worldwide het sy heel eerste Globale Bewegingsverslag vir 2021 vrygestel. Dit onthul aan die hand van ‘n omvattende opname, die redes waarom Suid-Afrikaners wil hervestig. ‘n Kwart van Suid-Afrikaners wat deelgeneem het, stel belang in ‘n permanente skuif met geen verdere verhuisings in die afsienbare toekoms nie. ‘n Vyfde oorweeg ‘n medium-termyn verskuiwing. Die vernaamste faktore vir Suid-Afrikaners wat oorweeg om oorsee te verhuis, is ekonomiese of werksredes en ‘n beter lewenstyl. Die gewildste bestemmings is Brittanje, Amerika en Australië.