Dis dodelik om in Gauteng te woon

Die DA sê die veiligheid van Gauteng se inwoners word bedreig met 30 mense wat daagliks vermoor, gekaap of verkrag word. Die jongste misdaadstatistiek in die provinsie wys inwoners staar ‘n donker toekoms in die gesig. Moordsake het tot 45,2 persent toegeneem, terwyl poging tot moord op 31,7 persent staan. Daar was ‘n 26 persent toename in kapings en verkragtingsake het tot 11,6 persent gestyg. Crezane Bosch van die DA sê die party gaan oorsigbesoeke bring aan al die polisiekantore in die provinsie om diensleweringsuitdagings na te gaan: