Dis die Richelieu Eagles teen Uganda

Die Namibiese nasionale krieketspan, die Richelieu Eagles is vanmiddag om een-uur terug op die krieketveld by die United-krieketveld in Windhoek in hul eerste T20-toernooi teen Uganda. Die reeks duur tot volgende week Woensdag en Gerhard Erasmus sal die span aanvoer. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, sê hulle moet aanhou speel.