Dis die begin van Namibië se transformasie…

Namibiese President Hage Geingob het tydens die vieringe van Dubai-dag by die Dubai Ekspo 2020 in die Verenigde Arabiese Emirate gesê die Namibiese pawiljoen is deur 21 Namibiërs beman en deur 300 000 besoekers besoek. Hy het gesê met Namibië se bevordering van die Groen Waterstof-projek, en onlangse olie-ontdekkings deur internasionale olie-maatskappye, TotalEnergies en Shell, open Namibië se ontwikkelingsgeleenthede. Geingob sê die reuse-gebeurtenisse dui op die begin van ons transformasie en betroubare vennote soos die Verenigde Arabiese Emirate is nodig.