Dis Dag van die Afrika-kind

Dag van die Afrika-kind word vandag plaaslik herdenk. Die toestande waarin Namibiese kinders hulself bevind is nie gunstig nie en armoede en geweld is van die grootste uitdagings vir die groep landsburgers. Meer as helfte van Namibië se skoolgaande kinders maak staat op die skoolvoedingsprogram om ‘n ete ‘n dag te bekom. Kosmos 94.1 Nuus het met die kinderadvokaat Ingrid Husselmann gepraat.