Dis DA se skuld dat Mpho verwyder is

ActionSA in Gauteng sê die DA is die enigste rede waarom die Johannesburgse burgemeester, Mpho Phalatse, verwyder is. Die party het ‘n ooreenkoms wat die veelparty-koalisie verlede week geformuleer en waaroor hulle saamgestem het, gekeer. Sy is ontsetel nadat 140 raadslede ten gunste van haar verwydering gestem het terwyl 129 haar ondersteun het. Sthembelo Majola van ActionSA sê hulle sal voortgaan om saam met opposisiepartye te werk om te keer dat die ANC die mag in die Stad Johannesburg oorneem: