Dis blykbaar ‘chaos’ by Zaporizhzhia in die Oekraïne

Daar is groot kommer oor die stand van sake by die Zaporizhzhia-kernaanleg in die Oekraïne. Rusland het beheer oor die kragstasie geneem maar Oekraïners is steeds werksaam daar. Daar was ook verskeie aanvalle en owerhede het kommer oor die veiligheid van die aanleg, soos Yuri Sak, adviseur vir die land se ministerie van verdediging, verduidelik.