“Dis blatante nepotisme!’

Die leier van die PDM-party McHenry Venaani het sy kritiek uitgespreek teenoor berigte dat die Minister van Arbeid Utoni Nujoma se dogter Kandorera onlangs visvangregte ontvang het. Sy is 22. Volgens Venaani het ‘n 22-jarige basies pas hoërskool voltooi maar sy het ‘n kwota bekom. Hy sê dit is wanneer ‘wie jy ken’ gebruik word om voordele vir jou kinders te verkry. Daar is verskeie ministers en LP’s wat in hulle bate verklarings belange in die visvangbedryf bekend gemaak het. Venaani sê dis blatante nepotisme en is afskuwelik.  


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *