Dis al weer tyd vir die repokoers
Die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank sal sy volgende rentekoers besluit Woensdag bekend maak. Die repokoers in Suid-Afrika is 50 basispunte hoër as die Namibiese 7,75 persent en staan op 8,25 persent. Inflasie is effe op in die buurland en Kosmos 94.1 Nuus het by dr. Roelof Botha, ‘n ekonomiese raadgewer van die Optimum-groep aangeklop vir sy voorspelling.
Botha sê dat verligting vir huishoudings, ook plaaslik, nie nou sal kom nie alhoewel dit in die vooruitsig is.