Dis Aarde-uur vanaand om 20:30, skakel ligte af

Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres doen ‘n beroep op almal om Aarde-uur te herdenk. Elke jaar skakel mense hul ligte af vir ‘n uur om ons te herinner dat almal ‘n rol in die bekamping van klimaatsverandering kan speel. Aarde-uur vind vanaand om half-agt plaaslike tyd in Namibië plaas. Volgens Guterres, tel elke minuut en elke uur.