Dippenaar-Joschko saak sal na verwagting vandag hervat

Die siviele saak teen Jandre Dippenaar sal na verwagting vandag, na voortselepende vertragings in verband met Dippenaar se verdediging, hervat. Antonia Joschko, die enigste oorlewende in haar familie na die gru-ongeluk op 29 Desember 2019 dagvaar vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar. Ses mense is dood, insluitend haar ouers en haar suster. Sy het reeds die saak in 2017 hangende gemaak. Regter Shafimana Ueitele, wat die saak aanhoor, het op 7 Junie advokaat Vanessa Kauta as amicus curiea vir Dippenaar aangestel. Sy dien as ‘n onpartydige adviseur. Ueitele het die saak tot vandag toe uitgestel sodat Kauta haar van die feite van die saak kan vergewis.