Dinosourus-skelet verkoop vir amper N$100m

Die skelet van die 70 miljoen jaar oue dinosourus Gorgosaurus is in New York vir net meer as 98,8 miljoen Namibiese dollar opgeveil. Die fossiel is in 2018 op privaat eiendom in die Amerikaanse staat Montana gevind en bestaan uit 79 beenfragmente. Dit is slegs die tweede versteende dinosourus wat deur Sotheby’s opgeveil word. Die eerste een, ‘n T-rex met die bynaam Sue, is in 1997 aan die Chicago-veldmuseum verkoop. Onder Sotheby’s se sosiale media-aanhangers is Gorgeous George ‘n gewilde moontlikheid vir ‘n bynaam vir die skelet.