Dinosourus-sentrum open volgende jaar in Golden Gate Hoogland-park

SANParke het aangekondig hy bou ‘n multimiljoen-rand Dinosourus-sentrum by die Golden Gate Hoogland Nasionale Park in die Vrystaat. Die nasionale departement van toerisme het die projek in 2018 befonds deur sy ontwikkelingsfonds vir toerisme-infrastruktuur. Die adjunkminister van toerisme, Fish Mahlalela, het die sentrum besoek as deel van nasionale Toerismemaand-bedrywighede. Die navorsingsentrum sal hopelik teen volgende jaar voltooi wees. Die sentrum van w├¬reldgehalte wil besoekers van regoor die w├¬reld lok om meer te leer van argeologie en paleontologie. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *