Dinge val uitmekaar by die Outapi-hospitaal
Plaaslike media berig dat die Outapi-distrikshospitaal tien ekstra dokters nodig het. Op die oomblik is daar net vyf dokters wat die honderde pasiënte wat daagliks by die hospitaal aankom, versorg. Die hospitaal in die Omusati-streek bedien ‘n bevolking van 76 810 mense. Ambulanse is ook broodnodig omdat net een uit die ses beskikbare ambulanse bruikbaar is met vyf wat stukkend staan. Die kraamsaal met 33 beddens moet uitgebrei word. Die hospitaal hanteer tot 20 geboortes daagliks maar daar is net twee kraambeddens wat talle moeders noodsaak om op matrasse op die vloer te kraam.