Dieretuinmeer in Johannesburg in ‘n haglike toestand

Die DA in Gauteng sê die Dieretuinmeer in Johannesburg is in ‘n toestand en word nie opgeknap nie, al is geld vir onderhoud aan stadsparke toegeken. Die party wys daarop die Dieretuinmeer was eens gereken as een van die stad se beste toerisme-aantreklikhede, maar is deesdae so verwaarloos dat dit eerder ‘n klad is. Mpho Phalatse van die DA sê die Johannesburgse Padagentskap onderhou ook nie die stormwater-dreineringstelsel nie.