Diere-vriendelike mode al hoe meer gewild

Navorsing deur die wêreldwye dierebeskermingsorganisasie Four Paws, toon al hoe meer mense is voorstanders van kleredrag wat diere-vriendelik is. Dit het aan die lig gekom in ‘n peiling onder bykans 14 000 mense in 12 lande. Die Suid-Afrikaanse direkteur van Four Paws, Fiona Miles, sê die bevindings het gelei tot hulle nuwe Wear It Kind-program wat mense aanmoedig om net diere-vriendelike en volhoubare kleredrag te kies. Sy sê Suid-Afrikaners is toenemend bewus van dieremishandeling in die modebedryf: