Diens tog jul lenings, vra nuwe hoof van Ontwikkelingsbank

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het ‘n verlies van 251,9 miljoen Namibiese dollar aangeteken vir die boekjaar wat in Maart 2023 geëindig het, maar die nuwe hoof uitvoerende beampte Dr. John Steytler is optimisties oor die toekoms. ‘n Groot probleem is lenings wat nie terugbetaal word nie, veral in die afdeling vir klein- en mediumgrootte ondernemings. Slegs sowat 30% van hierdie lenings word gediens. Kosmos 94.1 Nuus het met Steytler gesels, wat sê hy verstaan ​​dat die ekonomie deur ‘n moeilike tyd gegaan het.

Steyler sê die bank is steeds in ‘n gesonde finansiële posisie, maar hulle moedig mense aan om hul lenings terug te betaal.