Dienda moet nog een ding onthou

Elma Dienda van die PDM se uitlatings in die parlement is steeds in die nuus. Sy is blykbaar van mening dat verkragting nie binne ‘n huwelik kan plaasvind nie en het ander stellings in die verband ook gemaak. Behalwe vir die feit dat haar aanmerkings teenstrydig is met die land se wette oor verkragting, sê Frederico Links van Namibia Fact Check, dat Dienda daaraan herinner moet word dat ons ‘n sekulêre staat is.