Dien belasting aanlyn in, voor die einde van die maand

Belastingbetalers word daaraan herinner dat hul belastingopgawes teen die einde van die maand ingedien moet word. Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA vra dat belastingbetalers op die ITAS-stelsel registreer en aanlyn hul opgawes indien. Individue wat bystand nodig het kan hul opgawes aanlyn indien by hul naaste NamRA-kantoor. Tonateni Shidhudhu, woordvoerder by NamRA verduidelik.