Die winter wyk nog nie

Die winter is nog nie verby nie en die Namibiese weerkantoor sê die koue is hier, veral in die Karas- en Hardapstreek waar dagtemperature slegs ‘n maksimum van onderskeidelik 12 grade en 20 grade Celcius gaan wees. Weervoorspeller Odilo Kgobetsi sê oggendtemperature in die sentrale streek gaan ook daal tot so tussen drie en vyf grade Celcius. Kgobetsi gee die voorspelling aan Kosmos 94.1 Nuus.