Die Wes-Kaap het die meeste nuwe Covid-19 gevalle

Die Wes-Kaap het 27-persent van die nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika aangemeld, met Gauteng wat 22-persent geregistereer het. KwaZulu-Natal het 18-persent van die 12-duisend-528 nuwe gevalle geregistreer wat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika aangemeld het. Dit is effens minder as Vrydag se aantal nuwe gevalle van 13-duisend-en-25. ‘n Verdere 334 mense sover bekend het aan Covid-19-verwante oorsake gesterf, vergeleke met Vrydag se totaal van 248.