Die wêreld verdeel tussen Wes en Oos: Waar staan Afrika?

Die spanning in Oos-Europa oorheers die nuustoneel hier en elders. Dit wil voorkom asof die wêreld geo-polities verdeel word soos in die tagtiger jare met die Weste teen die sogenaamde Kommunistiese lande. Maar waar moet Afrika standpunt inneem? Namibië en Suid-Afrika het byvoorbeeld die VSA en Brittanje net so nodig soos China, en Rusland. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Andre Duvenhage …