Die wêreld se grootste skip wat gebruik word om diamante uit die see te haal is onderweg na Namibië.

Die wêreld se grootste vaartuig wat gebruik word om diamante uit die see te haal is onderweg na Namibië.Toerusting om diamante te myn gaan eers in Kaapstad geïnstalleer word voordat dit na Namibië vertrek. Die nuwe aankope van Debmarine Namibia het ‘n maand gelede uit Roemenië vertrek. Dit is deur Damen Shipyards Mangalia gebou en die projek is deur De Beers Marine South Africa bestuur. Die vaartuig sal onderwater-onttrekkingstegnieke gebruik om diamante uit die seebodem te haal, waarna dit aan boord verwerk sal word. Dit sal na verwagting minstens 30 jaar in bedryf wees.