Die wêreld kan nie toelaat dat groot lande klein lande boelie nie – Blinken

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken het pas Suid-Afrika besoek. Kenners meen die VSA vry na Afrika as gevolg van die invloed wat Rusland en China op die vasteland het. Blinken het na sy vergadering met sy Suid-Afrikaanse eweknie Naledi Pandor, gesê ‘n groot land kan nie toegelaat word om ‘n klein land te boelie nie.