Die Tsumeb Koperfees is terug

Die jaarlikse Tsumeb Koperfees is terug en sal vanjaar groter as ooit wees. Die jaarlikse fees op die koperdorp is vir die afgelope twee jaar onderbreek weens die Covid-pandemie. Die Koperfees is ‘n inisiatief van die Tsumeb-munisipalieit waar plaaslike en internasionale uitstallers hul produkte uitstal om die plaaslike ekonomie ‘n hupstoot te gee. Volgens die voorsitter van die organiseringskomitee, Julius Gaeseb, vind die Koperfees vanaf 3 tot 5 November plaas.

Gaeseb sê uitstallers kan tot einde Oktober registreer.